Beste Meneer Lessing en personeel
Ek is die ma van Suzette (GR 0) en Daniella (Gr 000) wat altwee in Januarie deel van die Leeuwenhof familie geword het. Ek en my man was maar skepties aanvanklik oor die bus ryery vir ons kinders. Veral omdat Daniella nog klein is (2 jaar oud aan die begin van die jaar). Ons het egter met die Gr1 inligting dag die kans gegryp om die bus roetes uit te toets. Sedertdien het my dogtertjies eers saam met Meneer Gift – Alberton bus gery en nou saam met Juffrou Lindi in die Serengeti bus gery.
Ek wil vandag as ‘n baie dankbare ouer vir die skool dankie se. Die woord voel so klein as ek dink aan hoeveel liefde my kinders in die busse ervaar. Meneer Gift het my dogtertjies in en uit die bus gedra, fietse gelaai en tasse gedra. Juffrou Lindi gee drukkies en gesels asof sy deel van my familie is. Aan die skool se kant maak juffrou Chane en juffrou Amanda seker dat die poppe in die bus kom met tasse en sakke en al.
Die personeel handhaaf hulself met professionaliteit en hanteer my en my kinders altyd met respek. Wat ‘n vreugde.
EK het ‘n geruste hart as ek my kinders by die bus af gelaai het en kan met vreugde hulle weer op tel na ‘n lang dag. Die enigste kommer wat ek nou het, is dat my kinders eerder wil bus ry as saam met hul ma.
Baie baie dankie vir die absolute fantastiese DIENS.