Ons Storie

Ons Geskiedenis

Leeuwenhof Geskiedenis

Op 16 Januarie 1996 open Leeuwenhof Akademie, destyds as Helpmekaar Akademie, die eerste Afrikaanse privaat laerskool aan die Oos-rand, sy deure in Bedfordview. Besorgde ouers van Alberton, stigterslede: Franchette Strüwig, eienaar van die perseel, Corlia Booysen, Linda van Straten, Leola Meyer en Elna Ungerer het hierdie visie en drome ‘n werklikheid gemaak. ‘n Skool se geskiedenis word onthou aan groot gebeure, veranderinge, uitdagings, deursettingsvermoë, verskeidenheid van persoonlikhede van Direksies, invloedryke onderwysers en ‘n strewe na uitnemendheid.

Martin Gericke
Eerste skoolhoof
(1996-2002)
Jenny Hamman
Voorskoolhoof
(1996-2003)
Leonard Murphy
Eerste Hoërskoolhoof
(2000-2001)
Stigterslede
Eerste personeel
Skool aansig in 1996

CBSS Solutions

In die begin

Die eerste vyf jaar

Hierdie eerste vyf jaar sal onthou word vir veranderinge, tradisies en ontwikkeling.  Die leerdergetalle het van dag 1 van 121 leerders na 644 leerders gegroei en die eerste Hoërskoolhoof, Leonard Murphy word aangestel. Kapitale ontwikkeling word sigbaar met dinamiese veranderings. Huise is aangekoop rondom die bestaande skool en omskep in klasse, die Voorskool bars uit sy nate en Leeupark sportgronde is van die munisipaliteit bekom en ontwikkel.

Op die akademiese front ontwikkel die laerskool ‘n verrykte kurrikulum.  Cambridge Internasionale kurrikulum word aanvaar vir die hoërskool en die eerste internasionale eksamen word geskryf. Leeuwenhof Akademie het reeds vroeg ‘n Afrikaanse kultuur met ‘n internasionale aanslag en Engelse onderrig in die hoërskool.  Leeuwenhof Akademie se eerste Matrieks skryf hulle eindeksamen met ‘n 100% slaagsyfer.

Sustainable Solutions

Our Mission

We Deliver Solutions For a Sustainable Future

We deliver solutions of outstanding quality that meet the needs and expectations of our clients throughout southern Africa, and that help them to take sustainable decisions in water- and environmental governance and management.

Why CBSS

What Sets Us Apart

We are the only consulting company in southern Africa that specialises in environmental- and water governance, and that combines advisory services with digital and training solutions. We are regularly contacted by the media for our views on water and environmental governance matters.

We Care

Our Commitments

Community Assistance

We provide pro-bono assistance to communities and NGOs on matters related to environmental- and water governance.

Statutory Compliance

We are committed to ensuring transformation in the South African society, and we comply with all relevant statutory requirements, including the BB-BEE regulations.

Leeuwenhof Geskiedenis

2001 – 2006

Na die uitdagings van die eerste vyf jaar, beleef Leeuwenhof Akademie ‘n ikoniese tydperk van naambou, standvastigheid en bou van tradisies. Hierdie nuwe bestuur, Direksie en wending was nodig jeens die implementering van veranderinge wat die skool in die eerste vyf jaar gehad het.  Daar was verdere ooglopende beleggings in die kapitale ontwikkeling in nuwe geboue in hierdie tyd, nuwe tradisies asook verandering in kurrikulum. Die dwarslat is weer  opgeskuif en prestasies van uitnemendheid is bereik.

Die Nasionale kurrikulum is weer onder die vergrootglas geplaas en aanvaar deur sy lede en die skool het deur die storms van twee kurrikulums gevaar.  Die Cambridge Internasionale eksamen, CIE, asook die onafhanklike eksamen, IEB. Na vele gesprekvoeringe is besluit om Cambridge eksamens uit te faseer en die Nasionale kurrikulum te volg, gegewe die registrasie deur die IEB.

Daar is baie sake op die tafel wat aandag geniet, Akademie se lyne is stywer gespan, so ook op die gebied van  kultuur en sport. Die Musieksentrum het ontwikkel, die gronde het gegons van die kunswedstryde, kore, revue’s, musiekblyspel, passiespele, Markdae en Boeresportdae wat hoogty gevier het.  Leeuwenhof Akademie het koerante gehaal met kampioene by die Goue Leeus, netbal, atletiek en verskeie buiteskoolverband sportdeelname. ‘n Definitiewe teken van gehalte en uitnemende onderrig, deelnemers en spanwerk. Die bussevloot het gegroei na 10 busse.

Johan-Ueckermann[1]
Johan Ueckermann

Hoërskoolhoof (2003-2007)
Uitvoerende hoof (2003-2007)

Johan-Bezuidenhout[1]
Johan Bezuidenhout

Laerskoolhoof (2003-2013)
Uitvoerende Hoof (2012-2019)

Wilna-van-Rooyen[1]
Wilna van Rooyen
Voorskoolhoof. (2004-2007;
2009-2019)

 

Leeuwenhof Geskiedenis

2007 – 2017

Die volgende 10 jaar het Leeuwenhof Akademie gegroei in standvastigheid en ‘n kompeterende skool geword om mee rekening te hou. Drome is verwesenlik van nuwe moderne geboue, sportligas is opgeskuif, ontwikkeling in parkeerareas asook ‘n tradisionele kloktoring is opgerig. Die Laerskool het ‘n moderne Multi Mediasentrum en Wetenskaplaboratorium bygekry.  Die Hoërskool het ook fase 2 kapitale ontwikkeling aangepak en ingehuldig. Studenteraad word gevestig, Informasie Tegnologie is ingebring en het ‘n werklikheid by die Hoërskool geword.

ATKV kampioene, SA-atletiek kampioene, BeeldKampioene, ISASA-Kampioene het op die horison verreis, tradisies word deurlopend gebou en matriekuitslae laat almal se bors fors staan! Die Nasionale kurrikulum is weer onder die vergrootglas geplaas en aanvaar deur sy lede en die skool het deur die storms van twee kurrikulums gevaar.  Die Cambridge Internasionale eksamen, CIE, asook die onafhanklike eksamen, IEB. Na vele gesprekvoeringe is besluit om Cambridge eksamens uit te faseer en die Nasionale kurrikulum te volg, gegewe die registrasie deur die IEB.

Daar is baie sake op die tafel wat aandag geniet, Akademie se lyne is stywer gespan, so ook op die gebied van  kultuur en sport. Die Musieksentrum het ontwikkel, die gronde het gegons van die kunswedstryde, kore, revue’s, musiekblyspel, passiespele, Markdae en Boeresportdae wat hoogty gevier het.  Leeuwenhof Akademie het koerante gehaal met kampioene by die Goue Leeus, netbal, atletiek en verskeie buiteskoolverband sportdeelname. ‘n Definitiewe teken van gehalte en uitnemende onderrig, deelnemers en spanwerk. Die bussevloot het gegroei na 10 busse.

Kobus-Vermeulen[1]
Kobus Vermeulen

Hoërskoolhoof .(2008 – 2013)

Wium-Uys[1]
Wium Uys

Laerskoolhoof. (2014 – 2017)

Johan-Bezuidenhout[1]
Johan Bezuidenhout

Uitvoerende Hoof. (2012)

Leeuwenhof Geskiedenis

2017 – Vandag

Leeuwenhof Hoerskool Personeel Jaco Lessing
Jaco Lessing

Hoërskoolhoof . (2014 – 2023)
Uitvoerende Hoof (2019-Huidig)

2.-Thinus-Enslin-400x510[1]
Thinus Enslin

Laerskool Hoof. (2019-2022)

Hanlie-Kriel-Voorskoolhoof-400x510[1]
Hanlie Kriel

Voorskool Hoof. (2019-Huidig)

333709992_528508232545874_506757752246945733_n[1]
Thys de Villiers

Laerskool Hoof. (2023-Huidig)

Leeuwenhof Hoerskool Personeel Daan Wessels
Mnr. Daan Wessels

Hoërskool Hoof 2023 – Huidig

Hanlie Kriel

Voorskool Hoof. (2019-Huidig)

Scroll to Top