Leeuwenhof Akademie Voorskool

ʼn Boodskap van die Hoof

Welkom by Leeuwenhof Akademie Voorskool. Hier beleef ons elke dag as ‘n ontdekkingsgeleentheid om te LEER deur SPEEL!

'n Spelende kleuter is 'n gelukkige kleuter!

Ons onderwysers is gekwalifiseerd, lesgereed en entoesiasties. Ons kurrikulum is van uitstaande gehalte en word toegepas en aangevul met die nuutste apparaat en ervarings uit ons kleuters se eie leefwêreld.

Kleuters word gelei om hul kritiese en kreatiewe denke vlerke te gee om nuwe hoogtes te bereik. ‘n Positiewe selfbeeld is krities om môre se leiers te kweek en by die Welpies loop ons die ekstra myl met ‘n glimlag om hierdie doel te bereik!

Wat ons werklik uniek maak is dat elke kleuter, klein en groot, gekoester word soos ons eie. Dit is ons ideaal dat elke kleuter hul identiteit in God sal vind en sodoende hul skeppingsdoel sal bereik. Dit is vir ons die heel belangrikste dat ons kleuters gelukkig sal wees by die skool! Dat hulle geborgenheid sal ervaar, dat hul geliefd en gekoester sal voel en dat hulle elke dag by die skool met uitbundige entoesiasme en oorgawe sal geniet!

Ons sien uit daarna om dié unieke en opwindende pad saam met u en u kleuter te stap!

Buitemuurs

Welpierugby word deur ouerafrigters vir Gr.0 seuns aangebied tydens die rugbyseisoen.

Al ons kleuters neem jaarliks deel aan ons eie interne kunswedstryd met kunswerke wat in die klasse gemaak word en by die skool uitgestal word. ‘n Kundige in die gebied van kinderkuns beoordeel die stukke volgens die kleuter se ouderdom en ontwikkelingsvlak en elke kleuter ontvang ‘n sertifikaat en medalje.

Gr.0 leerders kry die geleentheid om deur die skool ingeskryf te word vir kunswedstryde waar ouderdomstoepaslike versies voorgedra word.

Buitemuurse aktiwiteite is beskikbaar teen ekstra koste as ‘n aanvulling tot die dagprogram wat reeds al die areas van ontwikkeling dek.

Ons Akademiese Programme

Spel vorm is ‘n noodsaaklike deel van leer en ontwikkeling en deur spel word ons kleuters holisties ontwikkel in die volgende aspekte:

Ons gebruik ‘n verrykte kurrikulum wat wetenskaplik beproef en progressief en ouderdomstoepaslik ontwikkel om kleuters voor te berei op formele onderrig.

Hierdie aspekte vorm die grondslag vir die voorvaardighede vir geletterdheid en gesyferdheid wat in Gr. 0 gevestig word met die Nasionale Kurrikulum as riglyn sodat kleuters met gemak kan leer lees, skryf en wiskundige berekeninge doen wanneer hulle formele onderrig betree.

Kleuters word deurlopend geassesseer en vorderingsverslae word een maal per termyn voltooi en met ouers bespreek. Kundige ondersteuning is beskikbaar in die vorm van terapeute wat op die perseel werksaam is.

Kom kuier by ons!

Kom ervaar die verskil van ons kurrikulum en die liefdevolle gemeenskap by Leeuwenhof Akademie Voorskool.

Hou hierdie spasie dop vir ‘n virtuele toer deur ons skool!

Stuur gerus ‘n e-pos aan marketing@leeuwenhof.co.za om die skool te kom besoek!

Ons Skoolure en Belangrike Inligting

Voorskool Ure
Naskooldienste Beskikbaar

Reses en vakansieskool is beskikbaar.
Etes word nie voorsien nie.

Leeuwenhof Nuus

Voorskool Nuus

Nuus

Speelgrond Vernuwingsprojek

Die Voorskool se speelgronde word opgradeer! Fase een van ons vernuwingsprojek is suksesvol in Augustus 2023 afgehandel en ons sien ...
Lees Verder
Nuus

Ons Nuwe Babasentrum 2024

Ons open in Januarie 2024 ‘n splinternuwe Babasentrum by ons Voorskool en ons is opgewonde oor die voorbereidings wat reeds ...
Lees Verder
Nuus

Blokfluitlesse vir Graad R leerders

Ons Graad R leerders het vanjaar ‘n nuwe aanvulling tot ons kurrikulum – blokfluitlesse! Dit is belangrik om musiek van ...
Lees Verder
Scroll to Top