Ons Graad R leerders het vanjaar ‘n nuwe aanvulling tot ons kurrikulum – blokfluitlesse! Dit is belangrik om musiek van ‘n vroeë ouderdom af aan kleuters bekend te stel – dit help om kreatiwiteit, luistervermoëns en koördinasie te ontwikkel. Hierdie nuwe geleentheid vir ons kleuters om musiek te ontdek deur ‘n instrument te leer speel, sal hulle help om ‘n liefde vir die kunste te ontwikkel terwyl hulle hul vaardighede verbeter! Ons sien daarna uit om die wonder van musiek saam met ons grootste Welpies te ontdek!