Goeiemôre laerskool onderwysers van Leeuwenhof
Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor julle en die res van Leeuwenhof personeel. Ons sal nooit genoeg kan dankie sê vir dit wat julle vir ons 4 kinders doen nie. Elke onderwyser met wie hulle te doen het, toon soveel liefde en omgee.. Dit is so lekker om in die middae te hoor hoe ons kinders se dag was as hulle in die kar klim. My kinders is GELUKKIG!
Julle het DIE MEES ONGELOOFLIKSTE ONDERWYSERS. Van voorskool tot hoërskool. Daarom het ek in my hart gevoel om iets klein te gee, net om dankie te sê vir dit wat julle doen. Dankie dat julle lief is vir ons kinders. Dit maak die wêreldse verskil.
Verseker gaan ons nog vir die volgende 12 jaar deel wees van die Leeuwenhof Familie! 🙂
– Anoniem Ouer