Ek het al soveel bevestigings ontvang van God dat dit die regte besluit is – so ongelooflik dankbaar ons het by julle uitgekom en geluister na die Here se instruksies.
Julle is alles en meer wat God vir kinders wil hê, ons sal nou nie eers meer Kaap toe trek nie.
My hart is rustig en ek het vrede in my hart en geloof dat hy sy liggie sal laat kan skyn by julle.