Leeuwenhof Babasentrum

Welkom by die Welpies!

Welkom by Leeuwenhof Akademie Voorskool. Hier beleef ons elke dag as ‘n ontdekkingsgeleentheid om te LEER deur SPEL! Ons onderwysers is gekwalifiseerd, lesgereed en entoesiasties. Ons kurrikulum is van uitstaande gehalte en word toegepas en aangevul met die nuutste apparaat en ervarings uit ons kleuters se eie leefwêreld. Kleuters word gelei om hul kritiese en kreatiewe denke vlerke te gee om nuwe hoogtes te bereik.

‘n Positiewe selfbeeld is krities om môre se leiers te kweek en by die Welpies loop ons die ekstra myl met ‘n glimlag om hierdie doel te bereik! Wat ons werklik uniek maak is dat elke kleuter, klein en groot, gekoester word soos ons eie. Dit is ons ideaal dat elke kleuter hul identiteit in God sal vind en sodoende hul skeppingsdoel sal bereik.

Dit is vir ons die heel belangrikste dat ons kleuters gelukkig sal wees by die skool! Dat hulle geborgenheid sal ervaar, dat hul geliefd en gekoester sal voel en dat hulle elke dag by die skool met uitbundige entoesiasme en oorgawe sal geniet! ‘n Spelende kleuter is ‘n gelukkige kleuter!!! Ons sien uit daarna om die unieke en opwindende pad saam met u en u kleuter te stap!

Kurrikulum

Ons personeel is lesgereed en streef daarna om elke baba op hul individuele ouderdomsvlak te stimuleer en te help ontwikkel sodat elke mylpaal bereik. In die Babasentrum is ons kurrikulum opgestel uit die volgende opvoedkundige programme:

Babasentrum Skoolkalender 2024

Termyn 1
Termyn 2
Termyn 3
Termyn 1
Termyn 2
Termyn 3

Ons Skoolure en Fooie

Skoolure
Skoolfooie
Scroll to Top