Leeuwenhof Akademie
Kwaliteit Akademiese Onderrig

Leeuwenhof Akademie

Gesluit vanaf 15 Maart en open weer 3 April

Leeuwenhof Akademie – Die skool waar onderwys met ‘n absolute andersheid aangepak word. Ons daag u uit – KOM ERVAAR DIE VERSKIL!

Leeuwenhof Akademie
Kwaliteit Akademiese Onderrig

Leeuwenhof Akademie

Gesluit vanaf 15 Maart
en open weer 3 April

Leeuwenhof Akademie – Die skool waar onderwys met ‘n absolute andersheid aangepak word.  Ons daag u uit – KOM ERVAAR DIE VERSKIL!

Leeuwenhof Akademie

Dié Afrikaanse Christelike Privaatskool in die Oos-Rand wat strewe na ‘n kultuur van omgee, hoë standaarde, tradisies, uitnemende prestasies en suksesse. Waar elkeen UNIEK is, elkeen ‘n WENNER is en leerders ons leuse van ONTDEK kan uitleef op akademiese, sport, kulturele en sosiale geleenthede.

Leeuwenhof Voorskool

By Leeuwenhof voorskool beleef ons elke dag as ‘n ontdekkingsgeleentheid om te LEER deur SPEL! ‘n Spelende kleuter is ‘n gelukkige kleuter!

Die Laerskool is ‘n bakenskool in ‘n snel veranderde wêreld en spog met dinamiese personeel wat streef na uitnemendheid op alle terreine.

Deur die volharding, toewyding en positiewe ingesteldheid van ons bekwame personeel, streef ons daarna om elke leerder voor te berei vir die lewe na skool.

Leeuwenhof Akademie Voordele

Wat Maak Ons Uniek?

1. Christelike Waardes

Ons skool handhaaf steeds Christelike norme en waardes. Ons CSV en Wenners in Jesus is aktief, en ons saalopeninge op Maandag oggende vestig ‘n sterk geloofsgrondslag vir ons leerders.

2. Akademiese Uitnemendheid

Ons hoë standaarde spreek uit ons eksamenuitslae. Ons skool se 100% slaagsyfer bevestig ons toewyding tot akademiese sukses.

3. Uitstekende Fasiliteite

Danksy ouerbetrokkenheid en fondsinsamelingsprojekte het ons topklas fasiliteite vir onderrig, sport en kultuur. Moderne onderrigtegnologie plaas ons op die voorpunt van opvoeding.

4. Sterk Bestuur en Beheer

Kundigheid vanuit ons ouergemeenskap speel ‘n groot rol in die bestuur en groei van die skool. Ons Direksie is ‘n bewys van hierdie verbintenis.

5. Dissipline en Respek

Ons skool handhaaf ‘n kultuur van goeie dissipline en wedersydse respek. Dit skep ‘n positiewe leeromgewing waarin elke kind kan floreer.

6. Opgeleide Onderwysers

Ons personeel hou tred met die nuutste opvoedkundige ontwikkelinge deur verdere studies en gereelde opleidingskursusse.

7. Elke Leerling Tel

Ons sien om na elke kind, nie net die akademies begaafdes nie. Ons help elke leerder om sy of haar volle potensiaal te bereik, en bied ‘n verskeidenheid geleenthede vir ontwikkeling.

8. IEB Sillabus (Independent Exam Board)

‘n Unieke akademiese voordeel vir ons leerders bo die normale NSC (National Senior Certificate wat alle staat skole skryf). Vra maar van ons leerders op Universiteit wat se voordeel die IEB is.

9. Kleiner Klasse, Meer Aandag

Ons is bevoorreg om kleiner klasse as ander skole te hê danksy aanstellings wat deur die Direksie goedgekeur is om klasse klein te hou, wat meer individuele aandag aan ons leerders moontlik maak.

Fokus Op Ons Hoofde

Water Governance

Leeuwenhof Akademie

In kinders bou ons´n toekoms

In kinders bou ons´n nuwe toekoms

Leeuwenhof Akademie STREEF na sukses met die maatstaf van ons vier pilare: Belydenis van geloof, Akademiese Uitnemendheid, voortreflike buitemuurse aktiwiteite asook professionaliteit aan ons gemeenskap. U kind se opvoeding is ‘n langtermynbelegging, ons fokus is totaliteitsontwikkeling met balans.  Onderwys met ‘n buitengewone opvoedingservaring.

Lees verder en kom besoek ons, ‘n lewensveranderende uitdaging! Onderwys met ‘n andersheid!

Leeuwenhof Pilare

Jesus Christus

Belydenis dat Jesus Christus ons Saligmaker is deur ´n liefde vir alle kinders te openbaar en ´n gesonde dissipline in die skool te vestig.

Akademie

Akademiese kundigheid is ‘n integrale deel van ons etos en speel ‘n essensiële rol in die vorming van ons individuele en gemeenskaplike identiteit.

Prestasie

Buitemuurse aktiwiteite word met uitnemendheid beoefen en vorm ‘n essensiële komponent van ons algehele ontwikkeling en groei.

Professionaliteit

Die fundamentele en onontbeerlike aspek van ons optrede, wat deel vorm van ons algehele benadering tot werk, interaksies en prestasies.

Leeuwenhof Nuus

Nuus en Aktwiteite

Nuus

Speelgrond Vernuwingsprojek

Die Voorskool se speelgronde word opgradeer! Fase een van ons vernuwingsprojek is suksesvol in Augustus 2023 afgehandel en ...
Lees Verder
Nuus

Ons Nuwe Babasentrum 2024

Ons open in Januarie 2024 ‘n splinternuwe Babasentrum by ons Voorskool en ons is opgewonde oor die voorbereidings ...
Lees Verder
Nuus

Blokfluitlesse vir Graad R leerders

Ons Graad R leerders het vanjaar ‘n nuwe aanvulling tot ons kurrikulum – blokfluitlesse! Dit is belangrik om ...
Lees Verder
Kontak Leeuwenhof

Benodig U Verdere Hulp?

Stuur vir ons n boodskap

Kontak Leeuwenhof

Kontak Besonderhede

Enige vrae or kommentaar? Laat weet gerus hoe ons U kan bystaan.

Epos Adress

marketing@leeuwenhof.co.za

Fisiese Adress​

Geldenhuis Road en Anton Straat, Bedfordview,
Johannesburg, 2008

Maak kontak met ons:

Scroll to Top