Van Ons Leeuwenhof-Gesinne
Getuigskrifte
In 2025 het my jongste seun by julle aangesluit. Hy was aanvanklik baie teruggetrokke en onseker van homself. Elke onderwyser wat met hom in aanraking gekom het, het egter dag vir dag ‘n bietjie meer selfvertroue in hom opgebou.
Vandag ry hy soms al op sy eie bus en kan hy nie genoeg praat oor sy onderwysers en maats nie. Dit is vir ons as ouers ongelooflik mooi om te sien hoe hy gegroei het nie net akademies nie, maar ook as mens.
Hierdie jaar het ons ook sy ouer broer by die Hoërskool ingeskryf. Alhoewel hy nog besig is om by die Akademie aan te pas, vorder hy baie goed en het hy ook net goeie dinge oor sy onderwysers te sê. Vir hom is beide die Akademie en sy atletiek baie belangrik, en hy is ongelooflik trots om sy groen en goud te dra en vir die skool te hardloop.
Beide ons seuns kan ook nie genoeg praat oor die Christenskap wat in die skool leef en uitgeleef word nie. Dit maak vir ons as gesin ‘n groot verskil en is iets wat ons baie waardeer.
“Julle maak ‘n groter verskil as wat julle dalk besef.”
As ouers wil ons net graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor elke onderwyser en personeellid wat ‘n rol in ons seuns se lewens speel. Dankie dat julle nie net fokus op akademiese prestasie nie, maar ook op die kind agter die leerder om hulle te bemoedig, in hulself te laat glo en hulle die selfvertroue te gee om hul wĆŖreld met groter vrymoedigheid aan te pak.
Is Leeuwenhof reg vir u gesin?
Kom ervaar die verskil self. Bespreek ‘n rondleiding, of ontmoet ons onderwysers by ons volgende opedag.
- IEB-sillabus met kleiner klasse
- Christelike waardegedrewe omgewing
- Babasentrum tot Matriek, alles op een perseel
